Matthew 17:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sê: Ja. En toe hy in die huis kom, het Jesus hom voorgehou en gesê: Wat dink jy, Simon? van wie neem die konings van die aarde tol of belasting? van hulle eie kinders, of van vreemdelinge? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy antwoord toe: “Natuurlik betaal Hy dit!” Toe hy tuiskom om met Jesus daaroor te praat, spring Jesus hom voor en vra: “Petrus, hoe sou jy sê, van wie vorder die konings van hierdie wêreld tolgeld en belastings in — van hulle eie mense of van die buitelanders wat hulle verslaan het?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting -- van hulle seuns of van die vreemdelinge? |
| Afrikaans 1983 | “Ja, natuurlik,” antwoord hy. Toe hy in die huis kom, was Jesus hom voor met die vraag: “Simon, hoe dink jy: Van wie vorder die konings van die wêreld tol of belastings in? Van hulle seuns of van ander mense?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy antwoord: “Ja, wel.” Toe Petrus in die huis kom, spring Jesus hom voor, en vra: “Wat dink jy, Simon? Van wie vorder die aardse konings hulle tolgeld of belasting in? Van hulle seuns of van •vreemdelinge?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Petrus sê toe: “Ja, Hy betaal.” Toe Petrus in die huis inkom, het Jesus met Petrus gepraat voordat Petrus kon praat. Jesus het vir hom gesê: “Simon, wat dink jy? Wie moet vir die konings op die aarde tol en belasting betaal? Moet hulle kinders belasting betaal, of moet die ander mense die belasting betaal?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Natuurlik!” het Petrus geantwoord. Toe Petrus daarna in die huis kom, het Jesus hom ingewag met ’n moeilike vraag: “Simon, sê My, van wie vorder ’n koning belasting in: van sy eie kinders, of van al sy onderdane?” |