Matthew 17:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle in Kapernaum kom, het die wat belastinggeld ontvang het, na Petrus gekom en gesê: Betaal jou heer nie belasting nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | By hulle aankoms in Kapernaum, het die beamptes wat die tempelbelasting invorder vir Petrus genader met die woorde: “Betaal julle leermeester dan nie die tempelbelasting nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle in Kap,rnaÂm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê: Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie? |
| Afrikaans 1983 | By hulle aankoms in Kapernaum het die amptenare wat die tempelbelasting invorder, na Petrus toe gegaan en gesê: “Wat van julle leermeester? Betaal hy dan nie tempelbelasting nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle in Kapernaum aankom, het diegene wat die dubbeldragme invorder, na •Petrus gekom en gevra: “Betaal julle leermeester nie die dubbeldragme nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus en sy dissipels het in Kapernaum gekom. Die mense wat die tempel-belasting kollekteer, kom toe na Petrus toe en vra vir hom: “Betaal julle meneer tempel-belasting of nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kort daarna het amptenare wat elke jaar die tempelbelasting insamel by Petrus se huis in Kapernaum opgedaag. “Betaal daardie leermeester van julle ook sy tempelbelasting?” het hulle vir Petrus gevra. |