Matthew 17:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geskyn soos die son, en sy klere was wit soos die lig.
Afrikaans (NLV) 2011 En daar, terwyl hulle na Jesus kyk, het sy voorkoms verander. Sy gesig het begin straal soos die son. Sy klere het skitterwit geword.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.
Afrikaans 1983 Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Voor hulle het Hy van gedaante verander: Sy gesig het gestraal soos die son, en sy klere het skitterend wit geword soos die lig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar by hulle het Jesus toe skielik anders begin lyk. Sy gesig het soos die son geblink en sy klere het soos lig geskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy voorkoms het skielik voor hulle oë verander. Sy gesig het soos die son begin gloei. En sy klere het helder wit geskyn.