Matthew 17:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom die dissipels apart na Jesus en sê: Waarom kon ons Hom nie uitdryf nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agterna het die dissipels Jesus privaat gevra: “Waarom kon ons nie die duiwel uitdryf nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie? |
| Afrikaans 1983 | Die dissipels het toe alleen na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus se dissipels het toe eenkant na Hom gekom en gevra: “Waarom kon ons dan die demoon nie uitdryf nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dissipels het na Jesus toe gekom en toe hulle alleen by Hom was, het hulle vir Hom gevra: “Hoekom kon ons nie die onrein gees uitjaag nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kort daarna, toe hulle alleen was, het die dissipels halfverleë na Jesus toe gekom. “Hoekom kon ons nie daardie duiwel uit die seun verdryf nie?” het hulle Hom gevra. |