Matthew 17:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus het die duiwel bestraf; en hy het van hom af weggegaan, en die kind is van daardie selfde uur af genees.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop het Jesus die bose gees in die seun skerp aangespreek en dit het hom verlaat. Onmiddellik was die kind gesond.
Afrikaans 1933/1953 Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.
Afrikaans 1983 Jesus het die bose gees skerp aangespreek, en die bose gees het van die seun af weggegaan. Van daardie oomblik af het die seun gesond geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het Jesus die demoon bestraf, en hy het uit hom uitgegaan. Van daardie oomblik af was die seun gesond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het hard met die onrein gees gepraat. Die duiwel het toe uit die seun uitgegaan en hy het dadelik gesond geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die seun by Jesus kom, het Hy die bose gees beveel om uit hom pad te gee. In ’n oogwink was die bose mag weg. Die seun was dadelik gesond.