Matthew 17:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Here, ontferm U oor my seun, want hy is kranksinnig en baie kwaad, want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sê: “Here, ontferm U oor my seun! Hy kry epileptiese aanvalle en hy ly verskriklik. Baie maal val hy in die vuur of in die water. |
| Afrikaans 1933/1953 | Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water. |
| Afrikaans 1983 | en gesê: “Here, ontferm U tog oor my seun, want hy is geestelik versteurd en hy ly verskriklik. Hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en gesê: “Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly erg. Dikwels val hy in die vuur, en dikwels in die water. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en gesê: “Here, U moet asseblief jammer wees vir my seun, want hy kry epileptiese aanvalle en hy kry baie swaar. Hy val baie maal in die water of in die vuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Here, help my seun, asseblief,” het hy gesmeek. “Hy ly verskriklik. Ek dink hy is in die mag van ’n bose gees. Hy kry sulke snaakse aanvalle. Dan val hy op die grond neer. Hy het al ’n paar keer in ’n vuur of in die water beland wanneer dit gebeur. As dit so aanhou, is hy binnekort dood. |