Matthew 17:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie geken nie, maar het aan hom gedoen wat hulle wou. Net so sal ook die Seun van die mens onder hulle ly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Ek verseker julle, hy het al klaar gekom; tog het hulle hom nie herken nie, maar baie sleg behandel. Net so moet Ek, die Seun van die Mens, ook onder hulle ly.” |
| Afrikaans 1933/1953 | maar Ek sê vir julle dat El¡a al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly. |
| Afrikaans 1983 | “maar Ek sê vir julle Elia het al gekom, maar hulle het hom nie herken nie en met hom gemaak net wat hulle wou. So sal ook die Seun van die mens deur hulle mishandel word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek sê vir julle, Elia het reeds gekom, en hulle het hom nie herken nie, maar met hom gemaak soos hulle wou. So moet ook die Seun van die Mens deur hulle toedoen ly.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek sê vir julle, Elia het al klaar gekom, maar die mense het nie geweet dat dit hy is nie. Hulle het met hom alles gedoen wat hulle wou. So sal hulle ook baie slegte dinge doen aan My, die Seun van die mens.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar weet julle, Elia het eintlik al klaar gekom. Tog het die mense hom nie herken nie. Daarom het hulle hom doodgemaak. Die Seun van die mens gaan binnekort net so behandel word.” |