Matthew 16:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Jesus dit sien, sê Hy vir hulle: Kleingelowiges, waarom redeneer julle onder mekaar omdat julle geen brood gebring het nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het dit geweet en gesê: “Waarom argumenteer julle onder mekaar, dat julle nie brood het nie? Het julle so min vertroue in My? |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jesus het dit opgemerk en vir hulle gesê: Wat redeneer julle onder mekaar, kleingelowiges, dat julle geen brode saamgeneem het nie? |
| Afrikaans 1983 | Jesus het geweet wat hulle praat, en Hy sê vir hulle: “Kleingelowiges! Hoekom praat julle met mekaar daaroor dat julle nie brood het nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het dit agtergekom en gesê: “Kleingelowiges, waarom redekawel julle daaroor dat julle nie brood het nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het geweet wat hulle dink en Hy het vir hulle gevra: “Hoekom praat julle so met mekaar oor die brood wat julle nie het nie? Hoekom is julle geloof so min? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het egter goed geweet wat hulle onder mekaar sê. “Hoekom is julle bekommerd omdat julle vergeet het om brood te koop?” vra Hy. “Julle is regtig kleingelowig. Vergeet julle so gou? |