Matthew 16:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Slegte en owerspelige geslag soek 'n teken; en daar sal geen teken aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. En hy het hulle verlaat en weggegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is net ’n slegte en ontroue geslag mense wat ’n wonderteken wil hê. Die enigste teken wat Ek vir hulle sal gee, is die teken van die profeet Jona.” Hy het hulle toe net daar gelos en weggegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van Jona, die profeet. En Hy het hulle verlaat en weggegaan. |
| Afrikaans 1983 | 'n Slegte en afvallige geslag wil 'n teken hê, en geen teken sal aan hulle gegee word nie behalwe die teken van Jona.” Hy het hulle daar gelaat en weggegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Bose en owerspelige geslag vra 'n teken, maar geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van Jona. ” En Hy het hulle agtergelaat en weggegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slegte en sondige mense wat nou lewe, wil 'n wonderteken hê en 'n bewys sien. God sal nie 'n wonderteken vir hulle wys nie. Hulle sal net een wonderteken sien, en dit is die teken van Jona.” En Jesus het hulle daar gelos en weggegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die enigste ‘teken’ wat Ek bereid is om vir julle te gee, is dié van Jona wat drie dae lank in die maag van ’n vis was. My lewe sal ook vorentoe soos dié van Jona verloop.” Jesus het toe omgedraai en weggestap. |