Matthew 16:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige wat hier staan, wat die dood nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dít verseker Ek julle, sommige van julle wat hier staan, sal nie sterf voordat julle sal sien hoe Ek, die Seun van die Mens, kom en regeer in my koninkryk nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit verseker Ek julle: Daar is party van dié wat hier staan wat beslis nie sal sterwe voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | •Amen, Ek sê vir julle, sommige van dié wat hier staan, sal die dood beslis nie smaak voordat hulle die Seun van die Mens in sy koningsheerskappy sien kom het nie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê vir julle, en dit is seker: Party mense wat hier staan, sal sien dat Ek, die Seun van die mens, kom om Koning te wees. Hulle sal dit sien voordat hulle sterf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek het egter goeie nuus vir julle: party van julle wat nou na My luister, sal beslis nie doodgaan voordat julle met julle eie oë gesien het hoe Ek op die toneel verskyn nie. Julle sal sien hoe God se nuwe wêreld aanbreek.” |