Matthew 16:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hulle verstaan dat Hy hulle beveel het om nie te waak vir die suurdeeg van brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en die Sadduseërs. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het hulle einde ten laaste ingesien dat Hy hulle nie waarsku teen gewone suurdeeg wat vir brood gebruik word nie, maar teen die beskouings van die Fariseërs en die Sadduseërs. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs. |
| Afrikaans 1983 | Toe het hulle verstaan dat Hy nie bedoel het dat hulle vir gewone suurdeeg op hulle hoede moet wees nie maar vir die leer van die Fariseërs en die Sadduseërs. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hulle ingesien dat Hy nie bedoel het hulle moet vir die suurdeeg van brood op hulle hoede wees nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het hulle verstaan dat Jesus nie gepraat het oor die suurdeeg wat in brood gebruik word nie, maar dat Hy gesê het hulle moet oppas vir die dinge wat die Fariseërs en Sadduseërs vir die mense leer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe begryp die dissipels dat Jesus nie met hulle gepraat het oor die suurdeeg wat in brood gebruik word nie. Hulle het besef dat Hy hulle wou waarsku teen die verkeerde leringe van die Fariseërs en die Sadduseërs. Dit is soos suurdeeg wat ’n mens se hele lewe deurmekaarkrap. |