Matthew 16:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Fariseërs het ook saam met die Sadduseërs gekom en Hom versoek om aan hulle 'n teken uit die hemel te toon.
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n dag kom die Fariseërs en Sadduseërs na Jesus toe om die egtheid van sy aansprake te toets. Hulle vra Hom toe om aan hulle ’n Goddelike wonderteken te gee.
Afrikaans 1933/1953 En die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle 'n teken uit die hemel te laat sien.
Afrikaans 1983 Die Fariseërs en die Sadduseërs het gekom om Jesus op die proef te stel. Hulle het Hom gevra om vir hulle as teken uit die hemel 'n wonder te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •Fariseërs en •Sadduseërs het toe nader gekom om Hom te toets, en Hom gevra om vir hulle 'n teken uit die hemel te wys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Fariseërs en Sadduseërs het na Jesus toe gekom om Hom te toets en te kyk wat Hy doen. Daarom het hulle Hom gevra om vir hulle 'n wonderteken te wys wat van God kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Groepie Fariseërs en Sadduseërs het op die toneel verskyn om Jesus in die openbaar te probeer verneder. Hulle het Hom voor die mense uitgedaag om ’n wonderwerk te doen.