Matthew 15:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy het die sewe brode en die visse geneem en gedank en dit gebreek en aan Sy dissipels gegee en die dissipels aan die skare.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe neem Hy die sewe brode en die visse, bid om God se seën, breek die brood in stukke, en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels weer aan die skare.
Afrikaans 1933/1953 Toe neem Hy die sewe brode en die visse, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels aan die skare.
Afrikaans 1983 Toe neem Hy die sewe brode en die visse en dank God daarvoor. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan die dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het Hy die sewe brode en die visse geneem, gedank, dit gebreek en vir die dissipels gegee, en die dissipels weer vir die skare.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die sewe brode en die visse geneem en vir God dankie gesê daarvoor. Daarna het Hy die brood gebreek en dit vir sy dissipels gegee, en die dissipels het dit vir die mense gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna neem Hy die sewe brode en die vissies in sy hand. Na ’n dankgebed begin Hy om dit te breek en aan sy dissipels te gee. Hulle het dit weer aan die skare uitgedeel.