Matthew 15:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat die skare hulle verwonder het toe hulle sien dat die stomme praat, die verminktes gesond is, die kreupeles om te loop en die blindes om te sien; en hulle het die God van Israel verheerlik.
Afrikaans (NLV) 2011 Die skare was verbaas toe hulle agterkom dat stommes praat, kreupeles gesond is, verlamdes rondbeweeg en blindes kan sien. En hulle het die God van Israel geloof.
Afrikaans 1933/1953 sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien; en hulle het die God van Israel verheerlik.
Afrikaans 1983 sodat die menigte hulle verwonder het toe hulle sien dat stommes praat, gebreklikes herstel is, verlamdes loop en blindes sien. En hulle het die God van Israel geprys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat die skare vol verwondering was toe hulle sien dat doofstommes praat, kreupeles gesond word, verlamdes loop en blindes sien. En hulle het die God van Israel verheerlik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense was verbaas toe hulle sien dat die mense wat doof en stom was, kan praat, dat die kreupel mense gesond is en dat die blindes kan sien. En hulle het die God van Israel geprys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Doofstommes het begin praat; gebreklikes se ledemate was weer normaal; verlamdes het begin rondbeweeg, en die blindes kon sien. Almal wat hierdie groot wonderwerk gesien het, was uitermate verbaas. Hulle het God hardop geprys.