Matthew 15:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God deur julle oorlewering? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus se reaksie was: “En waarom verbreek julle, deur julle tradisie, die direkte opdrag van God? |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering? |
| Afrikaans 1983 | “Waarom verontagsaam julle self die gebod van God ter wille van julle oorgelewerde gebruike?” het Jesus geantwoord. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hulle egter geantwoord: “Hoekom oortree ook julle die gebod van God met julle tradisie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hulle gesê: “Hoekom is julle ongehoorsaam en doen julle nie wat Gód gesê het nie? Maar julle hou aan om te doen wat mense sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het dadelik gereageer: “En hoekom doen julle nie wat God van julle vra nie? Julle leef ver van Hom af met julle godsdienstige tradisies en al! |