Matthew 15:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe antwoord Jesus en sê vir haar: Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil. En haar dogter is van daardie selfde uur af gesond geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop antwoord Jesus haar: “Vrou, jou geloof is baie sterk. Jou versoek word toegestaan.” En haar dogter het dadelik gesond geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af. |
| Afrikaans 1983 | “Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het Jesus haar geantwoord: “O vrou, groot is jou geloof! Laat dit vir jou wees soos jy wil hê. ” En haar dogter was van daardie oomblik af genees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, jou geloof is groot. Wat jy wil hê, sal gebeur.” En God het die vrou se dogter op daardie oomblik gesond gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Weet jy, jou geloof is baie groot,” het Jesus haar toe geantwoord. “Ek sal jou wens waar maak.” Van daardie oomblik af was haar dogter gesond. |