Matthew 15:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy sê: Waarlik, Here, tog eet die honde van die krummels wat van hulle eienaars se tafel val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy het daarop gereageer: “Dit is so, Here, maar selfs die huishondjies eet tog darem van die krummels wat van hulle base se tafel afval.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. |
| Afrikaans 1983 | “Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar sy het gesê: “Ja, Here, en tog eet die hondjies van die krummels wat van hulle eienaars se tafel val. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vrou sê toe vir Jesus: “Dit is waar, Here, maar ook die hondjies eet van die krummels wat afval van die tafels van hulle eienaars.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ag, Here, dit is waar,” het sy geantwoord. “Maar partykeer is onrein mense bereid om die oorskietkos te eet wat op die grond beland. U kan gerus voortgaan met u bediening aan Israel. Laat asseblief tog net ’n stukkie van u genade na my kant toe val!” |