Matthew 15:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy het haar nie 'n woord geantwoord nie. En sy dissipels het gekom en Hom gesmeek en gesê: Stuur haar weg; want sy roep agter ons aan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Hy het Hom heeltemal doof gehou vir haar. Sy dissipels kom vra Hom toe: “Stuur haar tog weg. Sy hou nie op met tekere gaan al agter ons aan nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Hy het haar nie 'n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. |
| Afrikaans 1983 | Maar Hy het haar niks geantwoord nie. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Stuur haar weg, want sy hou aan met skreeu hier agter ons.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het haar egter glad nie geantwoord nie. Sy dissipels het nader gekom en Hom versoek: “Stuur haar weg, want sy hou aan skreeu agter ons aan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jesus het nie die vrou geantwoord nie. Sy dissipels kom toe na Hom toe en hulle het aangehou om vir Hom te vra: “Sê vir die vrou sy moet weggaan, want sy loop saam met ons en sy hou aan skree.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het egter gemaak of Hy haar nie hoor nie. Maar sy het nie moed verloor nie. Sy het agter Hom bly aanloop en om genade gepleit. Die dissipels was later baie omgekrap oor hierdie vrou. Hulle sê toe vir Jesus: “Jaag haar weg. Sy maak ons gek met haar geskreeu.” |