Matthew 15:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, 'n Kanaänse vrou het uit dieselfde gebied gekom en Hom aangeroep en gesê: Wees my genadig, Here, Seun van Dawid! my dogter is erg gekwel deur 'n duiwel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Nie-Joodse vrou uit daardie omgewing het na Hom toe gekom en aanhou smeek: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my! My dogter is in die mag van ’n duiwel en hy teister haar verskriklik.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n Kanan,se vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. |
| Afrikaans 1983 | 'n Kanaänitiese vrou wat in daardie gebied gewoon het, het onverwags by Hom aangekom. Sy het aanhoudend geroep: “Ontferm U oor my, Here, Seun van Dawid! My dogter is in die mag van 'n bose gees, en dit gaan sleg.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En skielik het 'n Kanaänitiese vrou uit daardie omgewing vorentoe gekom en hard uitgeroep: “Ontferm U oor my, Here, •Seun van Dawid! My dogter word geweldig geteister deur 'n demoon.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Kanaänitiese vrou van daardie stede het gekom en sy het aangehou skree. Sy het gesê: “Here, Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en U moet my help! Daar is 'n duiwel in my dogter en dit gaan baie sleg met haar.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Vrou wat daar gebly het, maar wat nie ’n Israeliet was nie, het na Hom toe gekom en hardop uitgeroep: “Here, Seun van Dawid, help my tog! My kind is in die mag van ’n bose gees.” |