Matthew 15:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want uit die hart kom slegte gedagtes, moorde, owerspel, hoererye, diefstalle, valse getuienis, godslasteringe.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat uit die hart kom, is slegte gedagtes, soos om moord te pleeg, ontrou te wees in die huwelik, onsedelikheid te bedryf, te steel, leuens te vertel en mense te belaster.
Afrikaans 1933/1953 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.
Afrikaans 1983 Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Uit die hart kom daar immers bose gedagtes, moord, owerspel, onsedelikheid, diefstal, valse getuienis en lastering.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die slegte dinge wat 'n mens dink, kom van binne, uit 'n mens se hart. Dit is daardie slegte gedagtes wat hom sonde laat doen, soos om mense te vermoor, of egbreuk te pleeg, of seks te hê met iemand met wie jy nie mag nie, of te steel of te lieg of sleg te praat van ander mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dáár ontstaan slegte gedagtes, soos om moord te pleeg, om ontrou aan jou huweliksmaat te wees, om onsedelike dade te pleeg, om te steel en te lieg en lelike dinge teen God te sê.