Matthew 15:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat hulle staan: hulle is blinde leiers van blindes. En as 'n blinde 'n blinde lei, sal altwee in die sloot val.
Afrikaans (NLV) 2011 Ignoreer hulle. Hulle is blinde gidse wat blindes wil lei. As een blinde vir ’n ander blinde as gids wil optree, beland hulle al twee in die sloot.”
Afrikaans 1933/1953 Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as 'n blinde 'n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.
Afrikaans 1983 Laat staan hulle maar; hulle is blinde leiers van blindes. As 'n blinde 'n blinde lei, val altwee in die sloot.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Los hulle – hulle is blinde leiers van blindes; en as 'n blinde 'n blinde lei, sal albei in die sloot val. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moenie luister na wat die Fariseërs sê nie. Hulle is soos blinde mense wat vir ander blindes wil wys waar hulle moet loop. Wanneer een blinde vir 'n ander blinde wil wys waar hy moet loop, dan sal hulle altwee in 'n watersloot val.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet julle dus nie aan hierdie mense steur nie. Hulle is soos blindes wat ander blindes probeer lei. Julle kan net dink wat met sulke mense gebeur: kort voor lank beland hulle almal in ’n sloot.”