Matthew 15:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe kom sy dissipels en sê vir Hom: Weet jy dat die Fariseërs aanstoot geneem het nadat hulle hierdie woord gehoor het?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe kom sy dissipels nader en vra Hom: “Besef U dat die Fariseërs aanstoot geneem het toe hulle hoor wat U sê?”
Afrikaans 1933/1953 Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?
Afrikaans 1983 Daarna het die dissipels na Hom toe gekom en gesê: “Weet U dat die Fariseërs hulle vererg het toe hulle gehoor het wat U sê?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die dissipels nader kom, sê hulle vir Hom: “Weet U dat die Fariseërs aanstoot geneem het toe hulle dié uitspraak hoor?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die dissipels na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Weet U die Fariseërs het baie kwaad geword toe hulle hoor wat U sê?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Rukkie later kom die dissipels na Jesus toe en sê vir Hom: “Weet U hoe kwaad die Fariseërs vir U was oor wat U vir hulle gesê het?”