Matthew 14:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning was jammer; maar ter wille van die eed en die wat saam met hom aan tafel was, het hy beveel dat dit aan haar gegee moes word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning was bitter ontsteld hieroor, maar omdat hy ’n eed afgelê het en nie voor die gaste sleg wou lyk nie, het hy opdrag gegee dat haar wens uitgevoer moes word.
Afrikaans 1933/1953 En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.
Afrikaans 1983 Hieroor het die koning baie sleg gevoel, maar vanweë die eed wat hy voor die gaste afgelê het, het hy opdrag gegee dat aan haar versoek voldoen moet word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En hoewel die koning hieroor ontsteld was, het hy, vanweë sy eed en hulle wat aangeleun het vir ete, beveel dat dit vir haar gebring moes word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het baie hartseer geword, maar hy het dit vir haar belowe en al die mense wat saam geëet het, het dit gehoor. Daarom het hy gesê sy soldate moet doen wat sy gevra het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie versoek het Herodes heeltemal onkant betrap. Hy was baie omgekrap hieroor, maar hy het besef dat hy sy woord moes hou. Sy eer was op die spel voor al die gaste.