Matthew 14:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe Herodes se verjaarsdag gehou is, het die dogter van Herodias voor hulle gedans en Herodes behaag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Met Herodes se verjaarsdagviering het Herodias se dogter voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik daarmee |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar by die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Herodias voor hulle gedans en Herodes behaag. |
| Afrikaans 1983 | Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tydens Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor almal gedans, en sy het Herodes bekoor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op Herodes se verjaarsdag het die dogter van Herodias tussen al die mense gedans. Dit was vir Herodes baie mooi, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Rukkie later het Herodias haar verjaardagpartytjie gehou. Haar dogter het vir al die gaste gedans. |