Matthew 14:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy hom wou doodmaak, was hy bang vir die skare, want hulle het hom as 'n profeet gereken. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hieroor wou Herodes hom om die lewe bring, maar hy was bang vir die volk se reaksie, want in hulle oë was Johannes ’n profeet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hoewel hy hom wou doodmaak, het hy die skare gevrees, omdat hulle hom vir 'n profeet gehou het. |
| Afrikaans 1983 | Herodes wou hom daaroor doodmaak maar was tog bang vir die mense, omdat hulle hom as 'n profeet beskou het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoewel Herodes hom wou doodmaak, was hy vir die skare bang, omdat hulle Johannes as 'n profeet beskou het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Herodes wou toe vir Johannes laat doodmaak, maar hy was bang vir die mense, omdat hulle gedink het Johannes is 'n profeet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy wou Johannes daar en dan doodmaak. Maar hy het besef dat dit tot ’n opstand onder die mense kon lei omdat hulle Johannes as ’n spesiale boodskapper van God beskou het. |