Matthew 14:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hom gesmeek dat hulle net die soom van sy kleed mag aanraak, en almal wat dit aangeraak het, is volkome gesond gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die siekes het Hom gesmeek om aan Hom te mag raak, al was dit maar net aan die onderste rand van sy bo-kleed. En almal wat daaraan geraak het, het gesond geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en Hom gesmeek dat die siekes selfs net die soom van sy bokleed kon aanraak. En almal wat dit aangeraak het, is genees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir Jesus gevra of die siek mense aan die soom van sy bo-kleed mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So baie mense het later opgedaag dat hulle Hom gevra het of hulle net maar aan sy klere se soom kon raak. Hy het ja gesê. Almal wat aan sy soom geraak het, het gesond geword. |