Matthew 14:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die manne van daardie plek hom te wete gekom het, het hulle na die hele land rondom gestuur en almal wat siek was, na hom gebring; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die plaaslike mense dit hoor, het hulle die nuus deur die hele omgewing versprei en al hulle siekes na Hom toe gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die manne van daardie plek het Hom herken en in daardie hele omtrek uitgestuur en almal wat ongesteld was, na Hom gebring; |
| Afrikaans 1983 | Net toe die mense van daardie plek agterkom wie Hy is, het hulle boodskappers deur daardie hele omgewing gestuur, en die mense het almal wat ongesteld was, na Hom toe gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die manne van daardie plek Hom herken, het hulle daardie hele omgewing laat weet, en hulle het almal wat siek was, na Hom gebring |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die mense van Gennesaret sien dit is Jesus, het hulle boodskappers gestuur om vir die mense daar naby te vertel dat Jesus daar is. Hulle het al die siek mense na Jesus toe gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het haastig vir almal in die omgewing laat weet, sodat die siekes na Hom toe begin stroom het. |