Matthew 14:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Kom! En toe Petrus uit die skip afklim, het hy op die water geloop om na Jesus toe te gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kom dan,” het Jesus gesê. Petrus klim toe oor die kant van die skuit en begin op die water na Jesus toe loop.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.
Afrikaans 1983 “Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gesê: “Kom!” Petrus het van die boot afgeklim en op die water geloop, en na Jesus begin gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir hom gesê: “Kom!” Petrus het uit die boot geklim, en toe het hy op die water geloop na Jesus toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom!” het Jesus geantwoord. Petrus het dadelik uitgeklim en op die water na Hom toe begin stap.