Matthew 14:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die dissipels Hom op die see sien loop, was hulle ontsteld en sê: Dit is 'n gees; en hulle het uitgeroep uit vrees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die dissipels Hom so op die see sien loop, was hulle verskrik, en hulle het benoud begin skree, want hulle het gedink dis ’n spook. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! En hulle het geskreeu van vrees. |
| Afrikaans 1983 | Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die dissipels Hom op die see sien loop, het hulle vreesbevange geraak en gesê, “Dit is 'n spook!” en van angs begin skreeu. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sy dissipels Hom op die water sien loop, het hulle baie bang geword en gesê: “Dit is 'n spook!” Hulle was baie bang, en hulle het hard geskree. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die dissipels Hom sien, het hulle hulle morsdood geskrik. “’n Spook, ’n spook!” het hulle benoud uitgeroep. |