Matthew 14:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat Hy die skare weggestuur het, het Hy op 'n berg afgesonder om te bid; en toe dit aand geword het, was Hy alleen daar.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Hy teen die berg uitgeklim om eenkant te gaan bid. Laataand was Hy alleen daar.
Afrikaans 1933/1953 En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.
Afrikaans 1983 Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Hy die skare weggestuur het, het Hy teen die berg opgegaan om in afsondering te bid. Toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Jesus al die mense huis toe gestuur het, het Hy alleen teen die berg opgegaan om te bid. Dit het donker geword en Jesus was alleen daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe almal weg is, het Jesus alleen teen die berg opgeklim om te gaan bid. Daar het Hy tot laat in die nag gebly.