Matthew 14:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in 'n skip te klim en voor Hom uit na die oorkant te gaan, terwyl Hy die skare wegstuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Dadelik hierna het Jesus sy dissipels gedwing om weer in die skuit te klim en na die oorkant van die see te vaar terwyl Hy die mense intussen huis toe stuur.
Afrikaans 1933/1953 En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.
Afrikaans 1983 Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En onmiddellik het Jesus sy dissipels verplig om in die boot te klim en solank voor Hom uit na die oorkant te vaar, terwyl Hy die skare wegstuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Jesus vir die dissipels gesê hulle moet dadelik in die boot klim en voor Hom na die ander kant van die see gaan. Hy wou eers vir die mense sê hulle moet huis toe gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na die ete het Jesus vir sy dissipels gesê om solank in die skuit te klim en na die oorkant van die See van Galilea te vaar. Hy het die skare ook na hulle huise toe teruggestuur.