Matthew 14:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het aan sy dienaars gesê: Dit is Johannes die Doper; hy is opgewek uit die dood; en daarom word kragtige werke in hom openbaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop sê hy vir sy paleispersoneel: “Hierdie man is niemand anders as Johannes die Doper wat uit die dood opgestaan het nie! Daarom kan hy sulke wonderwerke doen.”
Afrikaans 1933/1953 en aan sy knegte gesê: Hierdie man is Johannes die Doper. Hy het uit die dode opgestaan, en daarom werk die kragte in hom.
Afrikaans 1983 en hy het vir sy paleispersoneel gesê: “Maar dit is mos Johannes die Doper! Hy is uit die dood opgewek, daarom werk die kragte in hom!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir sy dienaars gesê: “Hierdie man is Johannes die Doper; hy is opgewek uit die dood, en daarom werk hierdie kragte in hom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sê toe vir sy amptenare: “Hierdie man is Johannes die Doper. Johannes het gesterf, maar hy lewe weer. Daarom doen hy wonderwerke.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit kan net Johannes die Doper wees wat uit die dood teruggekom het. Daarom doen hy nou al hierdie wonderwerke.”