Matthew 13:57 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle was aanstoot in hom. Maar Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie sonder eer nie, behalwe in sy eie land en in sy huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle was verontwaardig en wou niks van Hom weet nie. Daarop het Jesus vir hulle gesê: “’n Profeet word oral gerespekteer behalwe in sy tuisdorp en in sy eie familiekring.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.
Afrikaans 1983 En hulle wou niks van Hom weet nie. Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En hulle het aan Hom aanstoot geneem. Jesus het egter vir hulle gesê: “'n Profeet is nie sonder eer nie, behalwe in sy tuisdorp en in sy huis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het glad nie gehou van wat Jesus gesê en gedoen het nie. Jesus het vir hulle gesê: “Die mense in ander stede luister na 'n profeet en hulle respekteer hom. Maar die mense in die stad waar hy grootgeword het en die mense in sy eie huis respekteer hom nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het hulle hul skouers vir Hom opgetrek en gemaak asof hulle Hom nie raaksien nie. Jesus was gelate daaroor: “Nou ja, so gaan dit maar. Oral erken mense dat hulle by My die boodskap van God duidelik hoor. Maar hier by die huis hou my eie mense hulle snaaks en wil niks hoor en nie na rede luister nie.” Jesus het nie eens verder gesukkel nie.