Matthew 13:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Hy in sy land gekom het, het Hy hulle in hulle sinagoge geleer, sodat hulle verbaas was en gesê het: Waar het hierdie man hierdie wysheid en hierdie magtige werke vandaan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In Nasaret aangekom waar Hy grootgeword het, het Hy die mense in hulle sinagoge onderrig. Hulle was verbaas en het gesê: “Waar kry hy hierdie wysheid en wonderwerke vandaan? |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan? |
| Afrikaans 1983 | Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en Hy het die mense in hulle sinagoge so geleer dat hulle verstom was en gesê het: “Waar kry hy hierdie wysheid vandaan en die vermoë om die kragtige dade te doen? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jesus in sy tuisdorp aankom, het Hy hulle in hulle •sinagoge geleer, sodat hulle verstom was en gesê het: “Waar kom hy aan hierdie wysheid en kragtige dade? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het in Nasaret gekom, die stad waar Hy grootgeword het. Hy het vir die mense in hulle sinagoge geleer. Hulle was baie verbaas oor wat Hy vir hulle geleer het. Hulle vra toe: “Waar het hy hierdie wysheid gekry? Hoe kan hy hierdie wonderwerke doen? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later is Hy na die byeenkoms van die Jode toe waar Hy lank met die mense oor God se nuwe wêreld gesels het. Hy het aan hulle verduidelik hoe hulle dit moet verstaan. Dit het die mense baie nuuskierig aan die praat gesit. “Waar kom hy aan al hierdie kennis en die krag om hierdie wonderlike dinge te doen?” het hulle gewonder. |