Matthew 13:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sommige het op klipperige plekke geval waar hulle nie baie grond gehad het nie, en dadelik het hulle opgeskiet, omdat hulle geen diepte van die aarde gehad het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Ander deel het weer op klipperige aarde sonder enige diepte geval. As gevolg van die vlak grond het dit vinnig opgeskiet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie; |
| Afrikaans 1983 | 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ander saad, weer, het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie, en dit het dadelik opgekom, omdat die grond nie diep was nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Party van die saad het op vlak grond geval. Daar was klip onder die grond. Die saad het gou begin groei omdat die grond nie diep was nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van die ander saad het op die groot rotse in die land geval. In die holtes van die rotse was daar grond. Die saad het gou opgekom, maar kon nie wortels maak in die vlak grond nie. Daarom kon die plantjies nie grootword nie. |