Matthew 13:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het, toe hy een baie kosbare pêrel gekry het, gegaan en alles wat hy gehad het verkoop en dit gekoop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hy een baie kosbare pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop daardie pêrel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit. |
| Afrikaans 1983 | As hy 'n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy een baie kosbare pêrel vind, het hy gegaan en alles wat hy gehad het, verkoop en dit gekoop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hy 'n baie duur pêrel sien, het hy alles verkoop wat hy gehad het en toe het hy die pêrel gaan koop.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “’n Juwelier het die wêreld vol gereis op soek na goeie pêrels. Skielik loop hy ’n uitsonderlike en baie waardevolle pêrel raak. Hy wou dit vreeslik graag hê. Daarom gaan verkoop hy toe alles wat hy het en koop die pêrel. |