Matthew 13:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die veld is die wêreld; die goeie saad is die kinders van die koninkryk; maar die onkruid is die kinders van die Bose; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die saailand is die wêreld. Die goeie saad is die mense wat aan God se koninkryk behoort. Die onkruid is hulle wat aan die Bose behoort. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die saailand is die wêreld. Die goeie saad -- dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, |
| Afrikaans 1983 | Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die saailand is die wêreld; die goeie saad is die kinders van die •koninkryk; die drabok is die kinders van die Bose; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koringland is die wêreld. Die goeie saad is die goeie mense, God regeer oor hulle. Die onkruid is die slegte mense, die slegte een, die duiwel, regeer oor hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die land waarin Hy saai, kan vergelyk word met die wêreld. Die goeie saad is die mense in die wêreld wat God dien. Die onkruid is die mense wat die Bose dien. |