Matthew 13:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is deur te sê: Ek sal my mond oopmaak deur gelykenisse; Ek sal dinge uitspreek wat van die grondlegging van die wêreld af geheim gehou is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het die uitspraak van die profeet uitgekom: “Ek sal deur middel van gelykenisse met julle praat. Ek sal bekendmaak wat geheim gebly het van die skepping van die wêreld af.” |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af. |
| Afrikaans 1983 | So moes vervul word wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Ek sal gelykenisse gebruik as Ek praat; Ek sal bekend maak wat geheim gebly het van die skepping af.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat vervul sou word wat deur die profeet gesê is: “Ek sal deur gelykenisse spreek; Ek sal uitbasuin wat van die grondlegging van die wêreld af verborge was.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So het die woorde waar geword wat die profeet in die Ou Testament gesê het. Hy het gesê: “ Ek sal gelykenisse gebruik wanneer Ek met hulle praat. Daar is dinge wat mense nie geweet het nie, dit was 'n geheim. Ek sal dit vir almal vertel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die profete het mos al voorspel: “Ek sal verhale gebruik as Ek preek. So sal Ek julle dinge vertel wat niemand nog ooit gehoor het nie.” |