Matthew 13:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse aan die skare gesê; en sonder gelykenis het Hy nie met hulle gespreek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het altyd gelykenisse soos hierdie gebruik as Hy met die skare praat. Om die waarheid te sê, Hy het nooit met hulle gepraat sonder om gelykenisse te gebruik nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie; |
| Afrikaans 1983 | Al hierdie dinge het Jesus vir die mense in gelykenisse geleer, en sonder 'n gelykenis het Hy hulle niks geleer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit alles het Jesus deur gelykenisse aan die skare vertel, en sonder gelykenisse het Hy hulle niks vertel nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het al hierdie dinge vir baie mense gesê. Hy het gelykenisse vertel wanneer Hy met die mense gepraat het. Hy het altyd gelykenisse gebruik wanneer Hy met die mense gepraat het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So het Jesus die een verhaal na die ander vertel. |