Matthew 13:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe die lem opgespring en vrugte gedra het, het die onkruid ook verskyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, verskyn terselfdertyd ook die onkruid. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook. |
| Afrikaans 1983 | Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die spruitjies opskiet en in die aar kom, het die drabok ook begin wys. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koringplantjies het mooi begin groei en die koring-are het uitgekom. Die werkers kon toe die onkruid ook sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die koringare begin vorm, kom die plaaswerkers die probleem agter. |