Matthew 13:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy wat saad in die goeie aarde ontvang het, is hy wat die woord hoor en dit verstaan; wat ook vrug dra en baar, die een honderdvoudig, die ander sestigvoudig, die ander dertigvoudig.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle by wie op die goeie grond gesaai is, is dié wat die boodskap hoor en verstaan. Hulle dra vrug en bring ’n oorvloedige oes voort: 100 of 60 of 30 maal soveel as wat oorspronklik gesaai is.”
Afrikaans 1933/1953 En by wie op die goeie grond gesaai is -- dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd, die ander sestig--, die ander dertigvoudig.
Afrikaans 1983 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die saad wat egter op die goeie grond gesaai is, dit is hy wat hierdie woord hoor en begryp. En hy dra vrug – die een honderd-, die ander sestig-, en die ander dertigvoudig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die saad in vrugbare grond val, dan is dit soos wanneer 'n mens die boodskap hoor en dit verstaan. Die boodskap verander sy lewe, soos die saad wat vrugte dra. By party mense is die vrugte 100 maal meer as die saad wat die man gesaai het. By party mense is die vrugte 60 maal meer, en by party mense is dit 30 maal meer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daar was ook goeie grond waarin die saad geval het... Dit is iemand wat die boodskap van God gehoor het en diep daardeur getref is. Hy het met oorgawe reg begin leef. In alles wat hy doen of sê, borrel sy Christenskap eenvoudig uit. Daar is geen keer aan nie.”