Matthew 13:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy het nie wortel in homself nie, maar volhard vir 'n tyd lank, want as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, dan is hy aanstoot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hulle wortels gaan nie diep nie en hulle hou net vir ’n rukkie. Sodra daar swaarkry of vervolging ter wille van die boodskap kom, struikel hulle in hulle geloof. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir 'n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. |
| Afrikaans 1983 | Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar omdat hy nie wortel geskiet het nie, hou hy net 'n rukkie; as verdrukking of vervolging vanweë die woord plaasvind, struikel hy dadelik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar hy is soos 'n plant wat nie diep wortels het nie en net 'n kort tydjie lewe. Hy hoor die boodskap en hy glo dit, maar wanneer die mense hom daaroor verdruk, en hy begin swaarkry, dan hou hy op om te glo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gou bly daar niks meer van hulle sogenaamde nuwe geloof oor nie. |