Matthew 13:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy wat die saad op klipperige plekke ontvang het, dit is hy wat die woord hoor en dit met blydskap aanneem; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle by wie op klipperige grond gesaai is, is die mense wat die boodskap hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En by wie op rotsagtige plekke gesaai is -- dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; |
| Afrikaans 1983 | Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die saad wat op die rotsagtige plekke gesaai is, is hy wat hierdie woord hoor en dit dadelik met vreugde ontvang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die saad in vlak grond val waar daar klippe onder die grond is, dan is dit soos wanneer iemand die boodskap hoor en glo en bly is daaroor, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daar het ook saad in die holtes van die rotse geval... Party mense hoor die boodskap van God en is dan baie opgewonde, maar net ’n rukkie lank. Sodra hulle geloof iets van hulle begin vra of hulle opofferings moet maak, is hulle skielik nie meer so opgewonde en oortuig van alles nie. |