Matthew 12:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek sê vir julle dat daar in hierdie plek een is wat groter is as die tempel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dít verseker Ek julle, Iemand groter as die tempel is hier by julle.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier.
Afrikaans 1983 “Ek sê vir julle: Hier is Een wat groter is as die tempel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sê vir julle: Wat hiér is, is groter as die tempel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Ek sê vir julle: Hier is Iemand, en dit is Ek, wat baie belangriker is as die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hier voor julle staan Iemand wat belangriker is as alle godsdienstige reëls. As julle moet kies tussen gehoorsaamheid aan Hom en allerhande godsdienstige wette, kies Hom. Maar nou gaan julle hier tekere oor mense wat niks verkeerds doen nie, alles net omdat julle godsdienstige reëls dien en nie vir God nie.