Matthew 12:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van die walvis was; so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net soos Jona vir drie dae en nagte in die maag van ’n groot vis was, so sal Ek, die Seun van die Mens, vir drie dae en nagte in die binneste van die aarde wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees. |
| Afrikaans 1983 | Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van 'n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want net soos ‘Jona drie dae en drie nagte in die ingewande van die groot vis was,’ so sal die •Seun van die Mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jona was drie dae en drie nagte in die maag van die groot vis. So sal Ek, die Seun van die mens, ook drie dae en drie nagte in die graf wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iets soortgelyks gaan met My gebeur as wat met die profeet Jona gebeur het. Drie dae en nagte was Jona in die groot vis. Net so sal die Seun van die mens drie dae en nagte lank in ’n graf lê. “Die vergelyking gaan nog verder. |