Matthew 12:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe hy in die huis van God ingegaan het en die toonbrode geëet het wat hom nie geoorloof was om te eet nie, ook nie vir die wat by hom was nie, maar net vir die priesters?
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe hy selfs in die huis van God gegaan en hy en sy manne wederregtelik van die offerbrood geëet het wat vir die priesters gereserveer was.
Afrikaans 1933/1953 hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?
Afrikaans 1983 Hy het in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geëet, wat hy en sy manne nie mag gedoen het nie, maar net die priesters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe hy die huis van God binnegegaan, en hulle die •vertoonbrode geëet het – waarvan nie hy of dié saam met hom mag geëet het nie, maar net die priesters?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het in die tempel ingegaan en hy het die brood geëet wat op die tafel was. Hy mag nie van daardie brood geëet het nie en die manne wat saam met hom was, mag ook nie daarvan geëet het nie. Net die priesters mag daardie brood eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Het julle al vergeet hoe hulle die reëls oortree en sommer die brood geëet het wat spesiaal vir God eenkant gesit is? Net God se priesters is mos toegelaat om dit te eet.