Matthew 12:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sommige van die skrifgeleerdes en van die Fariseërs het geantwoord en gesê: Meester, ons sou 'n teken van U sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop het sommige van die skrifkenners en Fariseërs Hom geantwoord: “Leermeester, ons wil graag ’n wonderteken van U sien om te bewys dat U van God af kom.”
Afrikaans 1933/1953 Toe spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag 'n teken van U sien.
Afrikaans 1983 Party van die skrifgeleerdes en die Fariseërs sê toe vir Hom: “Meneer, ons wil 'n wonderteken van u sien.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het sommige van die skrifkenners en •Fariseërs gereageer en gesê: “Meester, ons wil graag 'n teken van u sien.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party skrifgeleerdes en Fariseërs het na Jesus toe gekom. Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, ons wil hê U moet vir ons 'n wonderteken wys sodat ons kan sien U kom van God.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van die geleerde Jode antwoord Jesus toe: “Ons sien jy leer die mense so. Ons wil egter nie net ’n gepraat hoor nie. Doen ’n bietjie vir ons iets dat ons kan sien of jy regtig aan God se kant is.”