Matthew 12:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense spreek, daarvan sal hulle rekenskap gee op die oordeelsdag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dít verseker Ek julle, julle sal op die oordeelsdag rekenskap moet gee van elke onverskillige woord wat julle sê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. |
| Afrikaans 1983 | “Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sê vir julle, van elke onbesonne woord wat mense kwytraak, sal hulle op die dag van oordeel rekenskap moet gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek sê vir julle, die dag wanneer God die mense sal oordeel, sal elke mens vir God moet antwoord oor alles wat hy gesê het wat nie reg is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juis daarom sê Ek vir julle: mense wat sommer allerhande lelike dinge van ander sê, sal met die finale oordeel hulle woorde voor God moet gaan verduidelik. Wat jy sê, is dus verskriklik belangrik. |