Matthew 12:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Addergeslag, hoe kan julle, wat sleg is, goeie dinge spreek? want uit die oorvloed van die hart spreek die mond.
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle nes van adders! Julle is sleg. Daarom is dit vir julle onmoontlik om goeie dinge te praat. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.
Afrikaans 1933/1953 Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
Afrikaans 1983 “Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Addergeslag! Hoe kan julle iets goeds sê as julle sleg is? Want waar die hart van vol is, loop die mond van oor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle is soos slange! Julle is self slegte mense, daarom kan julle nie iets sê wat goed is nie. Die dinge wat 'n mens sê, wys wat in sy hart is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle spul valse mense. Julle is vrot van binne, maar nogtans hou julle aan met al julle vroom praatjies. Maar julle kan nie wegsteek wat binne-in julle aangaan nie. Uit wat julle sê, verraai julle julleself. Soos die spreekwoord sê: ‘Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.’