Matthew 12:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maak óf die boom goed en sy vrugte goed; of anders maak die boom bedorwe en sy vrugte bedorwe, want aan sy vrugte word die boom geken. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “’n Boom word aan sy vrugte geken. ’n Goeie boom kan nie anders as om goeie vrugte te dra nie. En ’n slegte boom kan nie anders as om slegte vrugte te dra nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle moet •f die boom goed maak en sy vrugte goed, •f julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken. |
| Afrikaans 1983 | “As julle sê 'n boom is goed, moet julle ook sê sy vrugte is goed; en as julle sê hy is sleg, moet julle ook sê sy vrugte is sleg. 'n Boom word tog aan sy vrugte geken. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Óf julle beskou die boom as goed en sy vrugte as goed, óf julle beskou die boom as sleg en sy vrugte as sleg. Aan sy vrugte word die boom immers geken. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle weet 'n goeie boom dra goeie vrugte en 'n slegte boom dra slegte vrugte. 'n Mens ken 'n boom wanneer jy sien watter vrugte dit dra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle weet mos dat sommige bome lekker eetbare vrugte dra, terwyl ander bome se vrugte nutteloos is omdat dit ’n hopelose boom is. ’n Mens weet of ’n boom goed of sleg is deur na sy vrugte te kyk. Net so is dit met mense. Moet julle dus nie dom hou nie. Eetbare vrugte kom nie van nuttelose bome af nie. |